President Geingob wens Zambiese eweknie geluk toe

Namibiese President Hage Geingob het tydens die inhuldiging van die nuwe Zambiese President, Hakainde Hichilema in Lusaka, hom geluk gewens. Geingob het gesê vriendskapsbande en solidariteit tussen die twee lande, asook streeksintegrasie, moet verstewig word. Geingob het gesê hy sien uit daarna om nou saam met Hichilema te werk en bilaterale samewerking tot wedersydse voordeel vir beide lande te versterk.