Vyf dood, ses beseer in brand op olieboor in Golf van Mexiko

Reddingswerkers soek na twee mense wat steeds vermis word ná ‘n brand op ‘n olie-platform in die Golf van Mexiko. Minstens vyf mense is dood en ses beseer in die voorval op die olieboor wat deur Mexiko se staatsbeheerde Pemex-maatskappy bedryf word. Werk moes ook by 125 ander oliebore gestaak word en bedrywighede sal na verwagting môre hervat. Hierdie jongste voorval volg skaars ses weke nadat ‘n brand uitgebreek het ná ‘n gaslekkasie in ‘n onderwater-pyplyn van Pemex, ook in die Golf van Mexiko.