SA se jongste ruimte-onderneming sal in Kaapstad geleë wees

Die Sweedse ruimte-onderneming AAC Clyde Space het bekend gemaak ‘n Suid-Afrikaanse filiaal word gestig en in Kaapstad gevestig. AAC Space Africa is die land se jongste ruimtedienste-onderneming en sal voordeel trek uit die groeiende satelliet- en ruimtedienste-mark op die vasteland. Robert van Zyl sal die besturende direkteur wees en Francois Visser die tegniese direkteur. Van Zyl sê daar is baie potensiaal vir klein satelliete om spoedige, akkurate en doelgerigte data te verskaf aan sektore soos weervoorspelling, oseaan-monitering, landboubeplanning en grondbestuur.