Pres. Geingob lig inperkings op streke

Namibiese President Hage Geingob is tans besig met die aankondiging van die jongste Covid-regulasies. Hy het inperkings op streke gelig en 50 persone word by openbare byeenkomste toegelaat. Die aandklokreël is nou vanaf tien-uur saans tot vier-uur soggens. Skole heropen op Woensdag 4 Augustus. Drrankverkope is steeds beperk tussen nege-uur soggens en ses-uur saans Maandag tot Vrydag behalwe vir inslaapgaste. Goeie nuus vir restaurante is dat etes toegelaat word, maar gimnasiums is steeds toe.