Agterstand by Kaapse hawe moet spoedig ingehaal word

Die Wes-Kaapse regering verwelkom die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, se aankondiging oor die deurbraak in die veiligheidsbreuk by Transnet se inligtingstegnologie. Bedrywighede by hawens in Suid-Afrika word ten volle herstel. Die LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, David Maynier, sê hulle sal die vordering ten opsigte van die agterstand dophou.