Kaapstad wil van Britse rooi lys verwyder word

Die Stad Kaapstad sê hy ondersteun oproepe deur die toerismebedryf, onder andere Kaapstad Toerisme, dat Suid-Afrika van die Verenigde Koninkryk se sogenaamde rooi lys verwyder word. ‘n Woordvoerder sê dié land is die stad se grootste toeriste-mark en die besluit om Suid-Afrika op die rooi lys te plaas, ontneem Kaapstad van ‘n groot aantal Britse reisigers. Hy sê meningspeilings toon die meerderheid Britse toeriste wil Suid-Afrika so gou as moontlik besoek.