Pres. Geingob betuig sy medelye oor sluipmoord op oud-premier van Japan

Namibiese President Hage Geingob het sy skok en hartseer uitgespreek oor die sluipmoord op die voormalige eerste minister van Japan, Shinzo Abe, vandag in die stad Nara. Geingob onthou Abe as ‘n ware vriend van Namibië wat die kenmerke van vriendskap, solidariteit en respek uitgestraal het, wat die betrekkinge tussen die Namibië en Japan definieer. Geingob spreek sy medelye met die burgers van Japan en sy weduwee, Akie Abe uit.