Brand woed in Witvlei-omgewing

‘n Brand woed oor ‘n groot gebied in die Witvlei-omgewing. Volgens Iris Stehn, ‘n boer in die Dordabis-omgewing, is die brand nie tans baie aktief nie, aangesien die wind bedaar het. Stehn sê voorbrande word gemaak om die vuur te bekamp en geen verdere hulp word tans benodig nie.