Djokovic en Kyrgios pak mekaar in Wimbledon-eindstryd

Die eerste gekeurde Novak Djokovic, die verdedigende kampioen, het tot die eindstryd van die Wimbledon-tennistoernooi deurgedring toe hy die Brit Cameron Norrie, wat in Johannesburg gebore is, in die halfronde uitgeskakel het. Dit sal Djokovic se agste Wimbledon-eindstryd wees en hy het al ses keer koning gekraai op Wimbledon. Hy kom Sondag in die eindstryd te staan teen die Australiër Nick Kyrgios.