Premier van Japan wil uittree na minder as ‘n jaar in amp

Yoshihide Suga het aangekondig hy is van plan om ná minder as ‘n jaar in die amp, uit te tree as premier van Japan. Hy sê hy sal nie deelneem aan die Liberaal-Demokrate se komende leierskapsverkiesing nie, en die deur is dus oop vir ander kandidate. Suga het in September verlede jaar by Shinzo Abe oorgeneem en verskeie beloftes gemaak, maar sy steun het afgeneem nadat hy nie behoorlik aandag gegee het aan die Covid-uitbreking in die land nie. Die LDP se leierskapsverkiesing vind die 29ste van hierdie maand plaas.