Elton John maak sy swanesang by Hydepark-fees

Elton John wil in Junie volgende jaar sy laaste buiging voor ‘n skare maak met ‘n vertoning by die Hydepark-fees in Londen. Die 74-jarige kunstenaar het in 2018 met sy wêreldtoer met die titel die Farewell Yellow Brick Road Tour begin, maar die uitbreking van die Covid-pandemie het ‘n stokkie daarvoor gesteek. Hy beplan om later vanjaar weer die toer van bykans 300 optredes voort te sit. Sir Elton gee binnekort ‘n nuwe album uit met inperkings-duette wat op ‘n afstand opgeneem is.