Pous mis Goeie Vrydag-optog weens gesondheidsredes

Pous Francis het sy bywoning gister van die Goeie Vrydag-optog by Rome se Colosseum op die nippertjie gekanselleer. Die Vatikaan het dit beskryf as ‘n poging om sy gesondheid te beskerm op die vooraand van nog Paasfees-afsprake. Waarnemers sê die 87-jarige se skielike afwesigheid sal kommer oor sy verswakkende toestand laat opvlam. Francis gebruik ‘n kierie of rolstoel om rond te beweeg weens ‘n knie-kwaal en hy kry gereeld brongitis en griep.