Hyphen gaan US$10 miljard in Namibië belê

Hyphen Energy beplan ‘n massiewe belegging van 10 miljard Amerikaanse dollar in Namibië vir sy groenwaterstofprojek. Dit is rofweg gelykstaande aan Namibië se totale jaarlikse BBP. Die projek sal na verwagting ‘n groot positiewe impak op die ekonomie hê. Toni Beukes, die hoof van omgewing, maatskaplik en bestuur by Hyphen, gee ‘n uiteensetting van die belegging.