Poreuse noordelike grens is ‘n groot kopseer

Die poreuse noordelike grense van die land bly ‘n kopseer, veral vir doeane. Volgens die jongste berigte word daar nou mieliemeel en kookolie vanuit Zambië ingesmokkel. Dit volg na die onlangse toename van onwettige brandstof wat vanuit Angola ingesmokkel word. Zambiese boere presteer uiters goed en die land produseer meer as wat hy verbruik. In daardie land kos ‘n 25-kilogram sak rondom 71 Namibiese dollar maar, dit word plaaslik verkoop vir tussen 250 en 350 dollar. Owerhede sê duiwelsklou word weer vanaf Namibië na Zambië gesmokkel en uitdagings met whisky en onwettige sigarette duur voort.