Winde sê Ramaphosa moet wikkel met afdanking van Hlophe

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het die Regterlike Dienskommissie se besluit verwelkom om by President Cyril Ramaphosa aan te beveel dat die Wes-Kaapse regter-president John Hlophe geskors word. Die kommissie het Hlophe in Augustus verlede jaar aan growwe wangedrag skuldig bevind. Dit het gevolg nadat hy in 2008 probeer het om twee regters van die Konstitusionele Hof te beïnvloed om ten gunste van oudpresident Jacob Zuma te beslis in sy korrupsiesaak. Winde sê hy hoop Ramaphosa reageer vinnig om Hlophe te skors: