Chroomsindikate floreer in SA

‘n Onlangse verslag deur die Wêreldwye Inisiatief teen Transnasionale Georganiseerde Misdaad het aangedui onwettige chroomsindikate floreer in Suid-Afrika. Die sindikate infiltreer glo verskeie mynbedrywighede in die land. Die verslag volg te midde van ondernemings en die regering se worsteling met die uitwerking van misdaadsindikate wat nywerhede aanval. ‘n Mynboukenner, Peter Major, sê die sindikate is tans meer georganiseerd en gevorderd as ooit tevore.