Popcru sê polisiebeamptes ly aan diepgewortelde onderliggende trauma

Die Suid-Afrikaanse Polisie- en Gevangenisse-vakbond, Popcru, sê sommige polisiebeamptes ly aan diepgewortelde onderliggende uitdagings. Dit volg nadat ‘n polisiebeampte van Ekurhuleni gister by die Tembisa-hospitaal sy lewensmaat doodgeskiet en homself gewond het. Popcru se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê die vakbond veroordeel die voorval omdat sulke dade die polisie se beeld skend.

Mamabolo het alle belanghebbendes aangemoedig om saam te werk om te verseker beamptes sien om na hul geestesgesondheid.