Groen organisasie help Weskus-gemeenskappe

‘n Organisasie vir eko-geregtigheid wat werk met kleinskaalse vissers en kusgemeenskappe in die land, sê hulle wil hierdie gemeenskappe bemagtig om meer veerkragtig te word. The Green Connection sê hulle het die Koeksister-projek van stapel gestuur om burgers te help om maniere te vind om aandag te gee aan van die probleme wat hulle in die gesig staar en om samewerking en gemeenskapsgeleide oplossings te bewerkstellig. ‘n Woordvoerder, Neville van Rooy, sê hulle bied môre en Saterdag slypskole aan in die Weskus om hierdie projek te bevorder.