Wêreld-radiodag môre op Rehoboth herdenk

Die Namibiese ministerie van inligting en kommunikasietegnologie herdenk môre die elfde Wêreld-radiodag op Rehoboth in die Hardapstreek. Die tema vir vanjaar is “Radio en Vertroue” en ‘n paneelbespreking sal Vrydagoggend om nege-uur met verteenwoordigers van die Redakteursforum van Namibië, NBC en die Kommunikasie Reguleringsowerheid van Namibië gehou word. Ronel le Grange, hoof van elektroniese kommunikasie by die owerheid.