Politieke partye werf stemme in Suid-Afrika

Politieke partye in Suid-Afrika is die naweek steeds besig om stemme te werf vir die
komende plaaslike regeringsverkiesings. Die president van die Pan Africanst Congress
of Azania, Mzwanele Nyhontso, het die party se manifes in Duduza, Gauteng, van
stapel gestuur. Die tema is grond- en ekonomiese bevryding. Hy sê die nasie is moeg
om aan die neus gelei te word deur diegene wat staatsgeld soos hulle eie
bankrekenings hanteer, en mense het genoeg gehad van leë beloftes deur diegene wat
die land die afgelope 27 jaar wanbestuur het, en ‘n keerpunt is nou bereik.