Militante leier in Mosambiek sterf

Die militante leier wat die eerste aanvalle in Mosambiek georkestreer het, is saam met
sewentien insypelaars in aanvalle in die land dood. Die Suider-Afrikaanse
Ontwikkelingsgemeenskap se militêre-missie het bekendgemaak dat Sjeik Rajab
Ndanjile, ook bekend as dr Njile, onder die oorledenes was. Die SAOG-magte werk
saam met die Mosambiekse weermag om beheer oor die Cabo Delgado-streek terug te
wen en is op 9 Augustus vanjaar formeel van stapel gestuur met soldate van Angola,
Botswana, Lesotho, Suid -Afrika en Tanzanië.