Internasionale toeriste besoek weer die land

Die Cheetah Conservation Fund is besig om stadigaan te herstel met internasionale
toeriste wat weer die land besoek. Die stigter, dr. Laurie Marker, het aan Kosmos 94.1
Nuus vertel met watter projekte die fonds se navorsingsentrum sowat 44 kilometer oos
van Otjiwarongo tans besig is.