Politieke ontleder meen China wil magsbasis verbreed

Reaksie is van ‘n politieke ontleder ontvang oor Chinese staatswetenskaplikes wat planne bekendgemaak het vir ‘n eerste eksperimentele kernreaktor wat nie water nodig het om af te koel nie. China beplan ook om die bou van tot 30 sulke reaktore in vennootskappe te ontwikkel. Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, professor Andre Duvenhage, sê aan Kosmos 94.1 Nuus, dat die Weste China as tegnologiese meester as ‘n risiko rakende China se magsbasis ag.