NANSO ondersteun Marembo

Die Namibië Nasionale Studente-organisasie se Kavango-tak het klere aan die Marembo-liefdagheidsprogram vir minderbevoorregte kinders in dele van die streek geskenk. Die uitvoerende komitee van die organisasie in die Kavango-Oos-streek, doen ook ‘n beroep op die gemeenskap om skenkings te maak sodat geen kind in die koue ly nie. Esther Shakela, die nasionale woordvoerder van NANSO, praat met Kosmos 94.1 Nuus.