Vierde industriële rewolusie verduidelik

Die vierde industriële rewolusie is ‘n mengsel van van vooruitgang in kunsmatige intelligensie, robotika, die internet van dinge, genetiese ingenieurswese, kwantumrekenaarkunde, en meer. Die vierde industriële rewolusie is ‘n manier om die vervaging van grense tussen die fisieke, digitale en biologiese wêrelde te beskryf. Onlangs het Namibiese President Hage Geingob ‘n taakspan aangestel wat die vierde industriële revolusie sal bestuur. Die voorsitter van die taakspan, Anicia Pieters, verduidelik wat die vierde industriële rewolusie is.