Politieke kommentator sê Taliban se sperdatum moet bereik word

‘n Politieke kommentator het gereageer op die Taliban se waarskuwing dat daar gevolge sal wees as Amerika se troepe langer in Afghanistan aanbly as die ooreengekome sperdatum van volgende Dinsdag. Luidens die ooreenkoms wat die voormalige Amerikaanse President, Donald Trump met die Taliban onderteken het, mag die Taliban nie enige aanval op Amerikaanse magte uitvoer nie en dat die Amerikaners teen 31 Augustus heeltemal onttrek. Die Taliban se woordvoerder, Suhail Shaheen, sê enige verlenging sal ‘n besliste skending van die Doha-ooreenkoms tussen Amerika en die Taliban wees. Kosmos 94.1 Nuus het aan politieke kommentator, Charles Sinkala, gevra wat sal die Taliban doen as die sperdatum nie bereik word nie. Hy sê hy hoop die sperdatum sal bereik word en is nie seker of al die partye na die onderhandelingstafel sal gaan nie.

Sinkala het die moontlikheid van Afrika wat in dieselfde situasie vasagevang kan word, gesê hy is seker daar is Afrikane wat geraak kan word. Hy het gesê die Taliban sal niemand behalwe hulself spaar nie.