NWR-vrou word entrepreneur

Namibia Wildlife Resorts wat verskeie kostebesnoeiingsmaatreëls oor die afgelope jaar en ‘n half tydens die Covid-pandemie ingestel, het vir sommiges goeie geleenthede gebied. Een van die maatreëls is personeellede wat die geleentheid gekry het om vrywillig te bedank. Een van hierdie werknemers, Rosalia Kudumo, wat in 2014 permanent as finansiële assistent aangestel is, het einde verlede jaar vrywillig bedank en haar reis as entrepreneur begin. Kudumo bedryf nou RMT Trading, nadat sy haar bejaarde pa se gebou in Odimbo in die Ohangwena-streek oorgeneem en dit in ‘n suksesvolle bakkery verander het. Kudumo vertel van haar reis na entrepreneurskap aan Kosmos 94.1 Nuus.