Wes-Kaapse regering gekant teen grondonteiening sonder vergoeding

Die Wes-Kaapse regering sê hulle is gekant teen enige grondhervormingswetsontwerp wat grondonteiening sonder vergoeding ondersteun, omdat dit ‘n regstreekse aanval op die Handves van Menseregte is. Die LUR vir landbou, Ivan Meyer, het gepraat tydens ‘n aanlyn konferensie waar hy die provinsiale regering se teenkanting teen die agtiende Wysigingswetsontwerp op die Grondwet verduidelik het. Hy sê die provinsie het met sy eie geslaagde grondhervormingsbeleid bewys daar is ‘n alternatief. Meyer sê daar is beduidende finansiële gevolge in die wetsontwerp.