Landelike vroue-ingenieurstudente leer van sonpanele in Indië

Vroulike ingenieurstudente van Limpopo, Noordwes en die Vrystaat gaan na Indië reis vir ‘n leerprogram oor sonpaneel-vervaardiging en -installasie. Dié inisiatief, onder leiding van die minister in die Presidensie belas met Vroue, die Jeug en Mense met Gestremdhede, Nkosazana Dlamini-Zuma, en die Energie- en Watersektor Onderwys-opleidingsowerheid, wil landelike energiekrisisse aanspreek. Die woordvoerder, Cassius Selala, sê met hul terugkeer sal die studente bemagtig wees om sonkragbesighede te begin, en hulle pogings sal gesteun word deur verskeie staatsdepartemente.