Gaza-oorlog skep 37-miljoen ton se rommel

Die Verenigde Nasies sê die massiewe hoeveelheid rommel, insluitend ammunisie wat nie ontplof het nie, en wat Israel in die Gaza-strook agtergelaat het, kan sowat 14 jaar neem om op te ruim. ‘n Senior amptenaar van die VN se Myn-aksiediens, Pehr Lodhammar, het by ‘n inligtingsessie in Genève, Switserland gesê die oorlog het na raming 37-miljoen ton se rommel in die wyd-verstedelikte en digbevolkte gebied gelaat. Israel se militêre veldtog teen Hamas het die grootste gedeelte van die kusgebied van 2,3-miljoen mense in ‘n woesteny omskep.