Welmoed-reservoir bied 8 000 behuisingsgeleenthede

Die Wes-Kaapse LUR vir infrastruktuur, Tertius Simmers, sê verbintenisse met die Kaapstadse metro se sub-rade is van die uiterste belang vir die ontwikkeling van die menslike nedersettingsprojekte. Simmers het die Welmoed-reservoir besoek wat sowat 8 000 behuisingsgeleenthede sal lewer. Hy sê die tweede fase van die onderneming sal een van hulle grootste projekte bekendstel, naamlik die Plaas 694-behuisingsontwikkeling. Simmers sê die provinsie bly daartoe verbind om lewering te bespoedig om inwoners se waardigheid te herstel en die behuisingsagterstand uit te wis.