Politiek is vermy in Wilhelm se borgaansoek

Die prokureur van die moordbeskuldigde Magriete Wilhelm, Jan Wessels, sê dat haar borgaansoek binne die kader van die reg hanteer is en dat hul politiek vermy het. Wilhelm is vandag 10 000 dollar se borg toegestaan en haar saak is vir verdere ondersoek tot 23 Mei uitgestel. Sy is sedert 16 Maart in aanhouding.