Geen inligting oor minimumloonverslag bekend nie

Daar is tot op hede geen inligting bekend gemaak oor wat in die verslag oor die nasionale minimumloon vervat is nie. Die verslag is saamgestel na landwye besoeke en konsultasies met rolspelers. Die voorsitter van die kommissie, dr. Marius Kudumo het die verslag reeds op 25 Maart aan arbeidsminister Utoni Nujoma oorhandig. Die kwessie van ‘n minimumloon het baie kommer gewek by besigheidseienaars wat gebuk gaan onder groot ekonomiese uitdagings. Kosmos 94.1 Nuus het met Daan Strauss, die sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging gepraat. Hy bevestig hy weet ook niks, al was hy deel van die proses.