Shiimi kan geld by behuising vat om verbruikers by te staan – RDP

Die minister van finansies kan geld by behuising vat om die begroting aan te pas om verbruikers by te staan. Dit is die standpunt van die leier van die Rally for Democracy and Progress, Mike Kavekotora, wat meen die regering moes beter beplan het vir die impak van die oorlog in Oos-Europa. Kavekotora sê ‘n verantwoordelike regering draai nie sy rug op sy landsburgers nie en neem ontwikkelings in die buiteland in ag wanneer hy besluite neem. Hy verduidelik.