Polisiebeamptes dalk deel van ‘n sindikaat wat motoriste beroof

Twee Suid-Afrikaanse polisiebeamptes verbonde aan die misdaadvoorkomingseenheid in Kuruman verskyn na verwagting vandag in die Landdroshof in dié Noord-Kaapse dorp. Hulle staar aanklagte van gewapende roof, poging tot moord en ontvoering in die gesig. ‘n Woordvoerder van die Valke, Philani Nkwalase, sê die beamptes word betrek by ‘n sindikaat wat glo in Julie en Augustus verlede jaar motoriste se kontant, selfone en ander waardevolle items op die N14 naby Kuruman met vuurwapens geroof het: