Aukus: EU sê Frankyk onregverdig behandel

Die president van die Europese Kommissie Ursula von der Leyen sê die EU is teleurgesteld oor hoe die verdrag tussen die VSA, Australië en die Verenigde Koninkryk hanteer is. Die Aukus-verdrag het veroorsaak dat ‘n ooreenkoms vir die aankoop van Franse duikbote deur Australië gekanselleer is. Franse owerhede is etlike ure voor die Aukus-aankondiging gemaak is, daaroor ingelig.