Polisie reik uit na skole, sien boelies is baie groot probleem

Nampol is tans besig met sy ‘Keep me safe’-veldtog in al die streke van die land. Die mag besoek skole regoor die land en spreek leerders toe oor verskeie aspekte soos kommissaris Vicky Matjila, hoof van gemeenskapspolisiëring, verduidelik.

Volgens Matjila is afknouery ‘n groot uitdaging by meeste van die skole wat hulle besoek.