Geingob doen beroep op Namibiërs om in te ent

Namibiese President Hage Geingob wat terug is op eie bodem nadat hy die COP26 Klimaatsberaad in Glasgow, Skotland, bygewoon het, het tydens sy terugvoer aan Namibiërs die belangrikheid van ekonomiese herstel beklemtoon. Hy sê Namibië vaar goed wat die Covid-pandemie betref, maar hy doen ‘n dringende beroep op Namibiërs om ingeënt te word. Geingob sê volgens die inentingsverslae word te min mense gespuit teen Covid.