Tshwane-stadsraad dien klagte teen EFF-raadslede in

Die Speaker van Tshwane se stadsraad, Murunwa Makwarela, sê geen party het die reg om die werk van die raad te ontwrig en inwoners van die geleentheid te ontneem om die stad se begrotingsrede aan te hoor nie. Die metro se koalisieregering het strafregtelike klagtes teen EFF-raadslede ingedien. Makwarela sê dit is nou noodsaaklik dat die begroting sonder versuim gelewer word.