Plastiekbesoedeling ‘n groot uitdaging

Om plastiek in Namibië te herwin, bly ‘n uitdaging. Alhoewel die publiek nou vir plastiek betaal, is daar slegs ‘n geringe afname in plastiekbesoedeling, volgens Anita Witt, koördineerder van die Recycling Forum Namibia. Plastiekbesoedeling in die natuur, is ‘n reuse-kommer, want plastiekbottels en –sakke vat jare om te ontbind en laat gevaarlike kweekhuisgasse in die atmosfeer vry. Witt herinner Namibiërs om hul herbruikbare sakke winkels toe te vat.