BBP-groei geen verrassing nie, ons was verlede jaar ingeperk

‘n Namibiese ekonoom het gereageer op die BBP wat in die tweede kwartaal met 1,6 persent gegroei het in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Hotelle, restaurante, groothandel en kleinhandel wat ‘n sterk terugkeer gemaak het. Theo Klein, ‘n ekonoom van Simonis Storm, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is nie verrassend nie, want die ooreenstemmende tydperk verlede jaar was die land onder streng inperkingsmaatreëls.