Plantstropers kom hulle Moses teë in Tygerberg

Die Stad Kaapstad se veldwagters in die Tygerberg-natuurreservaat het daarin geslaag om stropers vas te trek toe hulle onwettig van die inheemse plante en plant-bolle geoes het. Onder-burgemeester Eddie Andrews sê ‘n besoeker het die veldwagters gewaarsku oor drie verdagte mense wat lyk of hulle plante van een van die staproetes verwyder: