Numsa is boos oor Denel wat drie maande nie werkers betaal nie

Die metaalwerkersvakbond Numsa gaan vandag opruk na die Departement van Openbare Ondernemings in Pretoria oor lede se onbetaalde salarisse by Denel Metal Pressings. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê werkers by Denel se salarisse is die afgelope drie maande nie betaal nie. Sy sê werkers het onlangs ‘n jaar se uitstaande salarisse ontvang nadat die vakbond die hof genader het. Die hof het ‘n bevel toegestaan dat daar op Denel se bankrekenings beslag gelê word sodat werkers betaal kan word: