Proteas is weer op koers in Engeland

Suid-Afrika se toer in Engeland is weer op koers nadat hulle die Engelse Leeus met 107 lopies verslaan het in die tweede eendag-opwarmingswedstryd in Worcester. Heinrich Klaasen het 123 aangeteken en die Proteas het ‘n goeie 360 vir sewe bereik. Die draaibouler Tabraiz Shamsi het daarna drie paaltjies geneem en gehelp om die gasheer vir 253 uit te boul. Klaasen sê die oorwinning het die Proteas se selfvertroue ‘n hupstoot gegee voor die reeks teen Engeland Dinsdag begin: