Plaaslike toerisme neem toe tydens Covid

Die hoeveelheid Namibiërs wat plaaslik gereis het, het vanjaar toegeneem. Volgens die Namibiese Gasvryheidsvereniging se Gitta Paetzold, het daar tot dusver 47 persent besoekers van die Europese mark gekom met 38 persent wat plaaslik is. Normaalweg is die verhouding 80 persent Europeërs en 20 persent Namibiërs. Die vereniging sê hy het gehoop op baie goeie syfers na die einde van die jaar toe, maar die Omikron-variant en gepaardgaande reisverbod wat deur die Verenigde Koninkryk ingestel is, was rampspoedig op die bedryf, wat reeds verlede jaar gebuk gegaan het onder inperkings. Die Bank van Namibië sê besoekers wat deur die Hosea Kutako Internasionale Lughawe die land binnegekom het, het tussen Maart en Desember verlede jaar met amper 82 persent afgeneem.