Japan het 3 vandag tereggestel

Japan het drie gevangenes vandag gehang in sy eerste teregstellings in twee jaar. Die regering sê dit was nodig om die doodstraf te behou in die lig van voortgesette gruwelmisdade. Japan is een van die min ontwikkelde lande wat die doodstraf behou het. Openbare steun vir die doodstraf is steeds hoog ondanks wêreldwye kritiek, veral van menseregtegroepe. Japan het drie gevangenes in 2019 en 15 in 2018 tereggestel. Dit sluit in 13 lede van die Aum Shinrikyo-kultus wat ‘n dodelike gas-aanval in 1995 in ‘n moltreinstasie in Tokio uitgevoer het.