Zuma mag appelleer vir parool

Regter Elias Matojane van die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het die aansoek om verlof tot appèl in die Jacob Zuma paroolsaak toegestaan. Matojane sê daar is ‘n redelike vooruitsig dat ‘n ander hof tot ‘n ander beslissing kan kom in verband met oudpresident Jacob Zuma se mediese parool. Die saak was deur die DA, die Helen Suzman-stigting en Afriforum teengestaan en gebring deur Korrektiewe Dienste en Zuma self. Zuma se prokureur Dali Mpofu het aan Matojane gesê parool is volgens die wet ‘n vorm van tronkstraf: