‘Plaaslike inhoud’ kan korrupsie in petroleumbedryf bevorder

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy kommer uitgespreek oor die kwesbaarheid van die plaaslike inhoudsbeleid vir die petroleumbedryf in die land. Die instituut se direkteur Graham Hopwood sê dit kan misbruik word en die vrees bestaan dat politici en amptenare hulle mag en invloed sal misbruik om plaaslike inhoud verkrygingsplanne te gebruik om hul kamerade en familielede te bevoordeel. Daar is reeds bewerings van begunstiging in die toekenning van petroleum eksplorasielisensies en dit breek klaar vertroue af. As dit in die eksplorasie fase gebeur, kan dieselfde patroon, of erger, in die produksiefase voorkom, deur die skerm van ‘plaaslike inhoud’ te gebruik. Hy voeg by dat daar ‘n versoeking van internasionale oliemaatskappye is om omkoopgeld te aanvaar of te betaal.