Dehli Capitals looi die Punjab Kings in IPL

Die Delhi Capitals het die Punjab Kings met 15 lopies verslaan in hulle Indiese Premierliga-kragmeting. Rilee Rossouw se onoorwonne 82 van 37 balle het bygedra tot die Capitals se 213 vir twee op die telbord. Dit is die 32ste keer dat ‘n telling hoër as 200 in hierdie toernooi bereik word. Liam Livingstone se antwoord van 94 van 48 balle was egter nie genoeg nie en Punjab kon slegs 198 vir agt in hulle 20 boulbeurte aanteken. Dit het hulle hoop laat vervaag om vir die uitspeelronde te kwalifiseer.