KZN-gesondheid ontken bewerings dat vrou in lykshuis wakker geword het

Die KwaZulu-Natalse Departement van Gesondheid ontken dat ‘n pasiënt dood verklaar en na ‘n lykshuis geneem is terwyl sy nog lewend was. Constantia Junior Govender beweer sy het in Februarie in ‘n lykshuis se vrieskas by die Mahatma Gandhi-gedenkhospitaal in Durban wakker geword. Die departement sê Govender was ‘n bekende buitepasiënt wat gereeld haar medisyne by die hospitaal gekry het. Daar is egter geen rekord van die vrou in die hospitaal of plaaslike lykshuise, insluitend die Phoenix-lykshuis, nie.